14 Julie – Omgee in praktyk
Kinders, ons moenie net met woorde, met die tong, liefhê nie, maar met die daad, in waarheid. - 1 Johannes 3:18 (AFR20)
Kinders, ons moenie net met woorde, met die tong, liefhê nie, maar met die daad, in waarheid. - 1 Johannes 3:18 (AFR20)
Sonder aksies, is dit wat ons "glo" of beweer ons glo, net leë woorde. Dit is maklik om te sê jy gee om vir ander mense- jou dade sal wel bevestig of dit die waarheid is. Jesus het vir ons gewys wat dit beteken om ander te dien en lief te hê. Soos Jesus, moet ons ook ander dien en lief hê deur oor te gaan in aksie.
Dit is moeilik om te getuig van Jesus en Sy liefde en reddingswerk aan die kruis, as ons nie ook in praktyk om sien na die mense om ons nie. Dit verwys nie net na finansiële omsien nie, maar ook na ons geestelike, emosionele en fiesiese behoeftes ook.
Hoe kan jy vir jou naaste omgee in praktyk?