14 Augustus – Dankbaarheid vul ons met die Heilige Gees
Inteendeel: Word vervul deur die Gees, terwyl julle onder mekaar psalms, lofgesange en geestelike liedere laat opklink, ja, van harte tot die Here sing en psalmsing, en God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus •Christus dank. - Efesiërs 5:18b-20 (AFR20)
Dit is bietjie moeilik om jouself oop te maak om deur die Heilige Gees vervul te word as jy met 'n ondankbare gesindheid rondloop. Kan jy dit in dink? Dit maak net nie sin nie. Ons word aangemoedig om onsself met die Heilige Gees te vervul - waarvan die laaste gedeelte verwys daarna dat ons dankbaar moet wees.
Hoe meer ons 'n gesindheid van dankbaarheid het, hoe meer kan die Here met, in en deur ons werk. Dit is nie iets wat oornag gebeur nie, maar die feit dat ons opdrag kry om dit te doen beteken dat dit iets is wat binne ons beheer is om te beoefen en na te streef. Dankbaarheid is nie net iets wat uit die lug uit val nie, maar iets wat ons ontwikkel en na streef.