13 September – Vasbyt in gebed

13 September – Vasbyt in gebed
Verbly julle in die hoop; wees standvastig wanneer julle swaarkry; volhard in die gebed. - Romeine 12:12 (AFR20)

Wanneer ons volhard in gebed, bly ons geanker in God se krag en leiding. Ons fokus bly op die regte plek. Ons word opdrag gegee om standvastig te wees - wat beteken dat ons ook 'n aandeel het in om te volhard. Dit is binne my vermoë, anders sal die Here nie van ons verwag om standvastig te wees nie.

Waar het jy nodig om vandag vas te byt in gebed?