13 November – Moenie los nie
Hy het vir hulle 'n gelykenis vertel oor hoe nodig dit is om altyd te bid en nie moed te verloor nie. - Lukas 18:1 (AFR20)
Jesus moedig ons aan om nie moed te verloor nie, veral in gebed. Dit is maklik en menslik om te begin twyfel wanneer 'n mens aanhou bid en kry nie 'n antwoord of uitweg nie. Jesus wil nie hê ons moet ontmoedig word nie, maar aanhou bid en vertrou.