1 min read

13 Junie – Werk sonder klag

13 Junie – Werk sonder klag
Doen alles sonder kla en teenpraat ... - Filippense 2:14 (AFR20)

Wanneer 'n mens heeltyd rondloop en kla, dan steel dit jou vreugde. Wanneer ons ons werk aan pak met kla en teenpraat - dan bly ons negatief oor dit wat ons moet doen. Wanneer die Here vir ons opdrag gee om alles sonder kla en teenpraat te doen dan moet ons onsself af vra hoekom dit belangrik is.

Wanneer ek my werk doen met 'n gekla - dan doen dit afbreek aan my getuienis. Wanneer ek alles wat ek doen, doen sonder om teë te praat en kla, dan bou dit my karakter en my getuienis op. Dit is natuurlik om te kla wanneer ons ongelukkig is of as dinge verkeerd is, maar wanneer ons positief is en ons gesindheid dop hou dan eer ons die Here deur ons optrede.