1 min read

13 Julie – Gemeenskap oor verskille

en julle daarop toe te lê om die eenheid wat die Gees bewerk, te bewaar deur die band van vrede . - Efesiërs 4:3 (AFR20)
13 Julie – Gemeenskap oor verskille
en julle daarop toe te lê om die eenheid wat die Gees bewerk, te bewaar deur die band van vrede . - Efesiërs 4:3 (AFR20)

Om eenheid in die gemeenskap van gelowiges te hê, beteken nie dat ons almal eenders is of dink nie. Nee, inteendeel ons is so verskillend soos kan kom, maar God roep ons om een te wees ten spyte van hierdie verskille. Dit is juis ons verskille wat maak dat ons almal verskillende maniere het van waar en hoe ons bedien en dit bring ook 'n verskeie van goeie en slegte eienskappe na die tafel toe.

In die groter prêntjie, is dit hierdie verskille wat ons toelaat om aan mekaar te skaaf, om te groei, om saam te dien, mekaar te bemoedig en uiteindelik een te wees in ons liefde en diens van die Here.

Om eenheid te hê is nie 'n bonus van 'n goeie gemeente van goed funksioneer nie, dit is 'n opdrag wat ons gegee word wat ons moet na-streef. Die resultaat van die eenheid wat ons bewerkstellig - dit is die vrug wat ons daarna pluk.