13 Augustus – Tevrede met God se teenwoordigheid

Julle leefwyse moet vry wees van geldgierigheid. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê, “Ek sal jou beslis nie verlaat nie, en ook nie in die steek laat nie”. - Hebreërs 13:5 (AFR20)

 God se teenwoordigheid is meer werd as enige besittings. Al voel ons hoe verlate of eensaam of onvergenoegd - geen aantal besittings sal dit kan regmaak nie. Al wat ons help is om bewus te wees van God se teenwoordigheid en om so te lewe dat ons naby Hom is en hoe sterker ons verhouding met die Here is hoe meer sal ons vergenoegd wees en tevrede wees.

Wanneer ons daardie gevoel het van onvergenoegsaamheid of eensaamheid, spring dadelik in die Woord, bid en maak jou gevoelens aan die Here bekend en reik uit na iemand toe met wie jy kan deel hoe jy voel. Dit help ongelooflik baie om met iemand ook te gesels wie ons kan bemoedig en saam met ons bid en ons versterk.