12 September – Groei vra gehoorsaamheid

As julle my gebooie onderhou, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader gehoorsaam het en in sy liefde bly. - Johannes 15:10 (AFR20)

12 September – Groei vra gehoorsaamheid
As julle my gebooie onderhou, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader gehoorsaam het en in sy liefde bly. - Johannes 15:10 (AFR20)

Blywende groei volg wanneer ons in gehoorsaamheid aan Christus leef. Om naby aan die Vader te lewe beteken om naby aan Jesus te lewe. Wanneer ons in Sy liefde bly, dan is ons verhouding gesond en ons is in 'n posisie om geestelik te kan groei. Ons kan nie die liefde en groei geniet sonder om gehoorsaam te wees nie.