12 November – God se krag is genoeg
Maar Hy het vir my gesê: “My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring.” Daarom sal ek my baie liewer op my swakhede beroem, sodat Christus se krag my kan beskut. - 2 Korinthiërs 12:9 (AFR20)
God se krag word sigbaar in ons swakheid. Ons hoef nie sterk te wees nie.
Wanneer ons op ons swakhede eerder roem, dan kan God die eer kry vir die werk wat Hy in ons lewens verrig ten spyte van ons swakhede.
God se krag is genoeg vir jou.