12 Mei - Vryheid eis verantwoordelikheid
[16] Julle is vry, maar moenie julle vryheid gebruik as dekmantel om kwaad te doen nie. Gebruik dit om God te dien. - 1 PETRUS 2:16 AFR83
Hoekom sou Petrus die gelowiges hier waarku om nie hul vryheid in Christus te misbruik en te sondig nie?
Het jy al óóit iets gedoen en vir 'n oomblik gedink, maar God sal verstaan of God sal my darem vergewe?
Wat sê dit van ons as ons sulke gedagtes of redenasies dalk koester?