12 Junie – God gebruik my
Die feit dat ons gebroke is, keer nie vir God om ons te gebruik nie. Wanneer God ons gebruik, dan is dit 'n manier om Sy lig te laat skyn en vir ander te wys dat die krag wat binne in ons is, nie gewoon is nie.
Hierdie skat het ons in kleipotte, sodat die buitengewone krag duidelik van God kom en nie van ons nie. - 2 Korintiërs 4:7 (AFR20)
Ons as mense is maar eintlik baie gebroke. Soos Paulus hier noem, ons is maar kleipotte wat maklik kan kraak of breek, maar binne in ons is daar 'n groot skat van baie waarde. God gebruik gebroke mense om Sy lig te dra in hierdie wêreld en dit op sigself is 'n wonderwerk want dit wys dat God buitengewone dinge verrig met gebroke mense.
Die feit dat ons gebroke is, keer nie vir God om ons te gebruik nie. Wanneer God ons gebruik, dan is dit 'n manier om Sy lig te laat skyn en vir ander te wys dat die krag wat binne in ons is, nie gewoon is nie.
Die vraag wat jy jouself vanoggend moet af vra is: waar kan God jou vandag gebruik?