1 min read

12 Julie – Dien met vreugde

Dien die Here met blydskap, kom in sy teenwoordigheid met 'n gejubel. - Psalm 100:2 (AFR20)
12 Julie – Dien met vreugde
Dien die Here met blydskap, kom in sy teenwoordigheid met 'n gejubel. - Psalm 100:2 (AFR20)

Hoe ons die Here dien, wys wat in ons hart aan gaan. Wanneer ons uit vreugde die Here dien, dan is dit sigbaar in ons optrede en dit getuig van 'n hart wat God ken. Iemand wie se hart klop soos Jesus s'n, treë anders op teenoor mense en omstandighede as iemand wie nie met vreugde die Here dien nie.

Dieselfde gaan vir ons bereidwilligheid om te dien in die liggaam van Christus. Of dit nou by die kerk, die gemeenskap, 'n projek of teenoor my naaste is... Dit is nie 'n uiterlike gesigsuitdruk wat wys of iemand met vreugde die Here dien nie, maar hul aksies wat daarvan getuig.

Daar is kinders van die Here wat op 'n afstand nogals baie nors kan lyk, maar hul hart is groot en hulle is altyd daar om ander te help en te dien. Ons moet dus nie iemand anders probeer oordeel of hulle met vreugde die Here dien of nie, maar eerder onsself af vra of ek die Here met vreugde dien.