11 September – Moenie moed verloor nie

Laat ons daarom nie moeg raak om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die regte tyd oes. - Galasiërs 6:9 (AFR20)

11 September – Moenie moed verloor nie
Laat ons daarom nie moeg raak om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die regte tyd oes. - Galasiërs 6:9 (AFR20)

Wanneer resultate stadig kom, raak ons moedeloos. God roep ons om aan te hou doen wat goed is. Ons moet aan hou doen wat reg en nodig is. Dit kan moeilik wees om net jou kop neer te hou en voort te beur. Dit is wanneer ons op ons knieë moet sak, bid en die Here vra vir krag en deursettingsvermoë.

Hierdie vers spreek boekdele vir my, want al weet ek dat die direkte konteks van die vers nie na my huidige situasie verwys nie - spreek die sekondêre waarheid wel en dit is dat ons nie moet moeg word nie en geduldig wees om op die regte tyd te oes. Dit is moeilik, uitputtend, frustrered en partykeer 'n bietjie angstig ook, maar dan herinner ek myself net weer dat die Here vir my sorg en ek nie my oë moet laat dwaal nie en eerder op Hom gerig hou.

Wat ookal jy tans deur gaan, moenie moed verloor nie!