1 min read

11 Junie – Roeping oor tyd

11 Junie – Roeping oor tyd
Die Here self tree vir my in. Here, u troue liefde duur vir ewig; u handewerk – moet dit nie laat vaar nie. - Psalms 138:8 (AFR20)

Ons prentjie van hoe ons lewe gaan uit draai is nie altyd dadelik sigbaar van die begin af nie. Inteendeel, niemand weet ooit regtig hoe sy lewe gaan uit draai nie. Jy dink jy is op die een pad en voor jy jouself kan vind is jy op 'n ander pad. Ons roeping is nie noodwending eenmalig en een vaste roeping nie. Dit kan gevorm word mettertyd soos ons deur die lewe met die Here wandel. Hy is tog die een wat ons voete rigting gee soos ons deur die lewe gaan. Partykeer is daar 'n paar draaie wat ons moet stap om 'n les of twee te leer. Ander keer slaan die Here ons in 'n rigting in vir 'n spesifieke doel, hoe lank of kort dit mag wees.

Die Here is getrou en Sy liefde vir ons duur vir ewig. Solank as wat ons Hom dien en asem in ons longe het, is die Here besig om aan ons te werk en ons te vorm. My roeping speel oor tyd af - wat belangrik is is dat ek naby die Here wandel sodat ek heeltyd die roep sal kan hoor en erken om te weet of ek op die regte pad is of nie. Die geheim? Die roep hoef nie 'n duidelike roep te wees nie - dit hoef net 'n stap van geloof te wees deur iemand wat sy planne daagliks aan die Here bekend maak en vorentoe beur met die Here aan sy sy.