11 Augustus – Dankbaarheid as leefstyl

in Hom is julle gewortel en in Hom word julle opgebou en versterk in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle oorvloedig is in dankbaarheid. - Kolossense 2:7 (AFR20)

Hoe lyk jou lewe as dankbaarheid oorvloedig is in jou lewe? Ons word aangemoedig om dankbaarheid as 'n leefstyl te hê. Nie net iets wat ons voel nie, maar iets wat ons leef – wat daagliks oorvloedig in ons lewe is.

Wanneer ek in die Here Jesus gewortel is en deur Hom daagliks opgebou en versterk word dan is dankbaarheid een van die natuurlike verskynsels in my lewe wat vir ander wys dat ek 'n Kind van die Here is.

Is jou mate van dankbaarheid in jou leefstyl genoegsaam om vir ander te kan wys dat jy in die Here gewortel is?