10 November – Bid vir ander vir hoop

10 November – Bid vir ander vir hoop
Mag die God van hoop julle deur julle geloof met alle blydskap en vrede vervul, sodat julle hoop oorvloedig kan word deur die krag van die Heilige Gees. - Romeine 15:13 (AFR20)

God vul ons met hoop, vreugde en vrede. Dit dra ons deur moeilike tye. Hierdie gebed van Paulus is 'n gebed wat ons vir mekaar kan bid.

Maak 'n lysie van 'n paar mense vir wie jy hierdie gebed kan bid en dra hulle vandag aan die Here op.