10 Junie – Werk met vreugde
Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met oorgawe; want daar is geen werk of verklaring, of kennis of wysheid in die •doderyk waarheen jy op pad is nie. - Prediker 9:10 (AFR20)
Wanneer ons ons werk met oorgawe aanpak, dan bring dit vir ons vreugde. Dit gee vir ons nuwe energie. Prediker is 'n interessante boek wat handel oor die lewe en al die harde werk wat die mens homself mee besig hou. Wanneer ons hierdie lewe verlaat, gaan ons nie weer verder werk soos ons op aarde doen nie en God het ons gemaak om te werk en om die vrug daarvan te pluk. Dit mag dalk nie altyd lekker wees nie, maar wanneer ons ons roeping vervul en met toewyding werk dan is daar 'n vorm van satisfaksie wat ons andersins nie sal kry nie.
Wat ookal jou hand vind om te doen, doen dit met oorgawe! Is daar tans dele van jou werk wat jy nie met oorgawe doen nie? Hoekom is dit so?