10 Julie – Eer mekaar
Julle moet mekaar liefhê met innige broederliefde. Gaan mekaar voor in eerbetoning. - Romeine 12:10 (AFR20)
Die gemeenskap in ons kerk sal floreer waar ons mekaar met respek en eer behandel. Daar is kere wat ons dalk nie met ander gaan saam stem nie, maar dit beteken nie dat ons hul nie met respek hoef te hanteer nie. Verhoudings word sterk wanneer ons mekaar eer.
Hoe kan jy vandag iemand eer?