10 Augustus – Tel die klein vreugdes
Ja, elke mens – dat hy eet en drink en die goeie geniet by al sy inspanning. Dit is 'n gawe van God. - Prediker 3:13 (AFR20)
Ja, elke mens – dat hy eet en drink en die goeie geniet by al sy inspanning. Dit is 'n gawe van God. - Prediker 3:13 (AFR20)
God gee vir ons vreugde in alledaagse dinge. Dit is deel van Sy seën. Ons is gemaak om die resultaat van ons inspanning te kan geniet – wat beteken dat wanneer ons werk, die vrug van ons werk geniet kan word. Die alledaagse dinge kan ons as vanselfsprekend aanvaar en vergeet dat dit ook 'n klein vreugde en seëning is van die Here af.
Moet nie die klein seëninge van elke dag mis nie, kyk uit daarvoor en sê vir die Here dankie wanneer jy daaraan dink.