1 September – Getrou elke dag

Dit is elke oggend weer nuut – groot is u getrouheid. - Klaagliedere 3:23 (AFR20)

1 September – Getrou elke dag
Dit is elke oggend weer nuut – groot is u getrouheid. - Klaagliedere 3:23 (AFR20)

Die Here se getrouheid ken geen einde nie, dit is elke oggend weer nuut en ten volle beskikbaar wanneer ons wakker word. Die Here ontferm Hom oor ons wanneer ons deur swaarkry en ellende gaan. Wanneer ons volhard gedurende moeilike tye, kan ons begin met klein stappies en 'n nederige begin elke dag. Ons hoef nie groot spronge te maak om oorwinning te behaal nie, maar elke dag ons hoop opnuut op die Here vestig en vas hou aan Sy trou.

Die maand van September lê vir ons voor en ons fokus die maand op volharding, dissipline en groei. Begin vandag deur die nuwe maand aan te pak met vernuwe hoop en moed op God se getrouheid.