1 Augustus – Begin met dankbaarheid

1 Augustus – Begin met dankbaarheid
Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons juig en ons in Hom verheug. - Psalm 118:24 (AFR20)

Elke dag is ’n gawe van God. Dankbaarheid help ons om die dag met oop oë en ’n sagte hart te begin.

Vir die maand van Augustus gaan ons fokus op die temas van Dankbaarheid, Tevredenheid en Vreugde. Ek wil jou graag aanmoedig om te reageer op die epos nuusbrief en elke dag vir die Here dankie te sê vir iets baie spesifiek. Jy hoef dit nie aan my te stuur nie, jy kan dit ook neer skryf. Maar elke dag, 1x baie spesifieke ding waarvoor jy dankbaar of tevrede of oor verheug is.