1 Mei – Gedagtes bepaal rigting
Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe. - Spreuke 4:23 (AFR83)
My pa het eendag gesê "if you don't consume it, it will consume you". 'n Baie raakvat stelling en een waaran ek nou dink toe ek hierdie vers lees. Wat in ons gedagtes heers, bepaal ons lewe. Dit beïnvloed hoe ek reaggeer en besluite maak; dit het n sterk onderliggende invloed op alles wat ek doen.
Wanneer ons hart op die regte plek is en ons naby aan die Here se Woord wandel dan sal ons lewe die regte koers hou.