1 min read

1 Junie – Werk as aanbidding

As ons werk 'n manier is om God te aanbid en om 'n getroue dissipel te wees, dan moet ons ons beste gee en met erns, deursettingsvermoë en dissipline ons werk aanpak.
1 Junie – Werk as aanbidding
Wat julle ook al doen, werk met geesdrif, soos vir die Here, en nie soos vir mense nie. - Kolossense 3:23 (AFR20)

Ons daaglikse werk staan nie los van ons geloof nie. God vra van ons om alles wat ons doen met oorgawe en toewyding te doen, asof dit vir Hom is. Wanneer ek my werk doen asof ek dit vir die Here doen, dan pak ek dit met ander ywer en erns aan.

As ons werk 'n manier is om God te aanbid en om 'n getroue dissipel te wees, dan moet ons ons beste gee en met erns, deursettingsvermoë en dissipline ons werk aanpak. As ons dit goed doen, dan bring ons 'n wonderlike offer aan die Here.