1 Julie – Ons behoort aan mekaar
Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar. - Romeine 12:5 (AFR20)
Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar. - Romeine 12:5 (AFR20)
God het ons gemaak om binne 'n liggaam te funksioneer. Almal het 'n bydrae om te lewer tot die doel, gebruik en effektiwiteit van die liggaam. Wanneer een deel afwesig is of swaar kry, dan ly die hele liggaam daaronder.
Die lede in die liggaam het mekaar nodig en behoort dus aan mekaar. In Christus se liggaam, behoort ons aan Hom en ons lede van mekaar. 'n Gelowige is gemaak om ander te dien en om saam met ander te groei in hul geestelike lewe.
Die kerk en gemeenskap van Christus is van uiters belang en vir die volgende maand gaan ons na verskeie verse kyk wat handel omtrent die onderwerp.