30 Maart 2023 / Raad van vriende / Spreuke 27:9
Reukolie en wierook is iets om te geniet, maar die genot van vriendskap lê in die raad wat jy kry. - Spr 27:9
Wanneer 'n vriend vir jou advies vanuit hul hart gee en hulle dit regtig bedoel, bring dit vir 'n mens genot sê Spreuke. Meer as wat aardse plesier kan verskaf. Daar lê iets kosbaar in 'n goeie en ware vriendskap, veral wanneer die vriend die beste vir jou wil hê en jy sien dat hulle werklik om gee vir jou en vanuit daardie omgee posisie jou raad gee.
Dit verskaf vir 'n mens genot, want jy besef daardie persoon is regtig lief vir jou. Ja, die raad kan dalk van so 'n aard wees dat jy nie daarvan hou nie omdat jy dalk op 'n verkeerde koers is, maar as jou intensies op reg is dan sal jy na hul raad luister en daarby baat vind en bly wees daaroor.