29 Mei 2023 / Uitdaging vir Diensbaarheid / Galasiërs 5:13-15
Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as ’n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Maar julle byt en verskeur mekaar; pas op dat julle mekaar nie later heeltemal verslind nie. - Gal 5:13-15
Paulus gee hier opdrag dat in plaas van dat ons in sonde vasgevang word en onsself oorgee aan sonde, moet ons onsself oorgee aan mekaar in diensbaarheid en in liefde.
Is dit nie partykeer makliker om ander gelowiges te kritiseer of te na te kom as wat dit dalk is om hulle te dien nie? Om diensbaar te wees verg moeite, dit verg dat jy jouself verneder en jou tyd, geld of energie op offer - maar tog is dit wat die Here vir ons verwag.
Uitdaging vir die week
Kyk of jy hierdie week 'n geleentheid kan kry of MAAK om iets vir iemand anders te doen. Kyk of jy hierdie week 1x persoon meer as normaalweg kan bedien en Jesus se liefde aan hulle toon.