27 Junie / 2 Timoteus 2:22 / Vrede

Paulus maak duidelik dat terwyl Timoteus valse leringe moet bestry, moet hy homself weerhou om betrokke te raak met dwase en sinlose strydvrae.

27 Junie / 2 Timoteus 2:22 / Vrede
Photo by Mateusz D / Unsplash
Vermy die begeertes wat ’n jongmens in gevaar bring, en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede, saam met almal wat uit ’n rein hart die Here aanroep. - 2 Timoteus 2:22

Interessant dat Paulus vir Timoteus opdrag gee om te streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede en daarna gee Paulus opdrag in vers 23, "Moet jou nie met dwase en sinlose strydvrae inlaat nie, want jy weet tog dat dit net rusies veroorsaak."

Paulus maak duidelik dat terwyl Timoteus valse leringe moet bestry, moet hy homself weerhou om betrokke te raak met dwase en sinlose strydvrae. Iemand wat 'n valse leraar is, veroorsaak onenigheid en kan nie uit 'n rein hart saam die Here aanroep nie.

Ietsie om aan te kou

Terwyl ons moet uit kyk vir valse leringe, moet ons vermy om in stryery betrokke te raak en streef om in vrede met 'n rein hart die Here aan te roep. Hoeveel energie en tyd mors ons om elke persoon wat iets verkeerd het of glo tereg te wil stel, wat ek dalk op 'n betere manier kan bestee? ...

My fokus moet nie wees op die mense om my wat dalk verkeerd is nie, maar my fokus moet op die Here wees. Bestee eerder jou energie om geloof, liefde en vrede te bewerkstelling in die Liggaam.

It is energy well spent.


Ek wil graag van jou hoor!
Kontak my gerus by [email protected] of Kliek hier om my te WhatsApp.
Groete, Riaan