18 Julie / Efesiërs 4:32 / Vergifnis
Om iemand goedgesind te wees en om hartlik te wees, is nie iets wat aangeplak kan word nie.
Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.” - Efesiërs 4:32
Om iemand goedgesind te wees en om hartlik te wees, is nie iets wat aangeplak kan word nie. Dit is iets wat van binne af moet kom en gekweek moet word, iets wat die Heilige Gees in ons opwek omdat ons Kinders van God is.
As gelowiges word ons opdrag gegee om (1) goedgesind, (2) hartlik en (3) vergewinsgesind te wees teenoor mekaar. Die rede hiervoor is eenvoudig... in die volgende vers lees ons:
Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. - Efesiërs 5:1
Refleksie
Volg ek Jesus en God se voorbeeld? Of wie se voorbeeld volg ek? As my aksies en woorde en gesindheid nie ooreenstem met dié van Jesus s'n nie, wie s'n reflekteer dit?