16 Junie / Johannes 14:27 / Vrede

Die vrede wat ons van God af ontvang, is 'n vrede wat die wêreld nie ken nie en ook nie vir ons kan verskaf nie.

16 Junie / Johannes 14:27 / Vrede
Photo by Michael Dziedzic / Unsplash
“Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie. - Johannes 14:27

Die vrede wat ons van God af ontvang, is 'n vrede wat die wêreld nie ken nie en ook nie vir ons kan verskaf nie. Ons lewe in vrede met God omdat ons sondes vergewe is en die vrede van God hou wag oor ons lewens. Ons hoef nie die dood en die toekoms te vrees nie, want ons is in God se hande.

Uitdaging

Lewe jy in die vrede wat God vir ons gee, of lewe jy in vrees? Indien jy in vrees lewe, dalk moet jy jouself vra hoekom jy nog in vrees lewe en nog nie bank op God se genade en vrede nie.


Ek wil graag van jou hoor!
Kontak my gerus by [email protected] of WhatsApp my by 0849955840.
Groete, Riaan