16 Julie / Efesiërs 1:7-8 / Vergifnis

God se genade is ryk en word aan ons oorvloedig geskenk. Dink 'n bietjie daaroor... God skenk aan ons genade in oorvloed. Hoe voel dit? Hoe beleef ek dit? Is ek bewus daarvan?

16 Julie / Efesiërs 1:7-8 / Vergifnis
Photo by Bangsal Nam / Unsplash
Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk het. - Efesiërs 1:7-8

Al die lof en eer aan God die Vader, die Heilige en Almagtige! Prys die Here vir Sy groot liefde en genade.

God se genade is ryk en word aan ons oorvloedig geskenk. Dink 'n bietjie daaroor... God skenk aan ons genade in oorvloed. Hoe voel dit? Hoe beleef ek dit? Is ek bewus daarvan?

Ek dink aan 'n liedjie van Jo Black waar hy sing oor "voel jy die genade?". Dit is 'n baie gepaste vraag wat ons mekaar behoort af te vra: voel jy God se genade? Is jy bewus daarvan of neem jy alles om jou as vanselfsprekend?