14 Junie 2023 / Dink twee keer voordat jy ander leer / Jakobus 3:1

14 Junie 2023 / Dink twee keer voordat jy ander leer / Jakobus 3:1
Photo by Ben White / Unsplash
My broers, julle moenie almal leermeesters wil wees nie, want julle moet weet dat ons wat leermeesters is, strenger as ander beoordeel sal word. - Jak 3:1

Om iemand anders te wil onderrig in die Woord is 'n groot taak wat groot verantwoordelikheid dra omrede jy die een is wat verantwoordelik gehou word vir wat jy ander leer. As jy valse leringe of teologie of idees versprei, sal jy veranwoordelik gehou word daarvoor omdat jy ander mislei.

Hierdie geld vir almal, nie net vir predikante nie. Ons moet beskeie wees en nederig wees in ons benadering om ander te wil leer en nie te gou of haastig wees om ons kennis of idees te deel of af te wys nie. Maak eerder seker dat jy regtig seker is waarvan jy glo en toets dit teenoor ander leraars of mense wat 'n goeie werkende kennis van die Woord het.

As dit reg is en die Bybel is baie duidelik daaroor, dan is jy veilig om ander te onderrig daarin!