12 Junie 2023 / Verantwoordelikheid / Romeine 14:12
Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee. - Rom 14:12
Daar is een ding wat ek gereeld aan dink wanneer ons mense sien verkeerd doen en ander mense hulle probeer verantwoordelik hou, maar hulle kom daarmee weg; en dit is dat hulle eendag voor God gaan staan en rekenskap gaan moet gee.
Dieselfde geld vir my en jou. Elke persoon sal oor hulself rekenskap moet gee voor die Vader eendag. Ek kan nie namens iemand anders rekenskap gee nie en ook nie verwag dat iemand anders rekenskap moet gee vir my aksies niel. Nee, ek moet self verantwoordelikheid aanvaar vir my doen en late.
Ek gaan 'n bietjie fokus op die tema van verantwoordelikheid en aanspreeklikheid. Die twee klink baie dieselfde, maar verantwoordelilkheid verwys na die aksie, wat iemand moet doen... en aanspreeklikheid verwys na die gevolge van nadat die aksie gedoen is.
Dink 'n bietjie
Wanneer jy dink aan die tema of onderwerp van verantwoordelikheid - wat kom in jou gedagtes op? Dink jy aan iemand anders of aan jouself?