10 Januarie – Nee sê sonder skuld
Daar is ’n tyd vir ja en ’n tyd vir nee. Om gesonde grense te stel is wys.
Vir alles is daar 'n vasgestelde tyd; daar is 'n tyd vir elke saak onder die hemel. - Prediker 3:1 (AFR20)
Oordenking:
Daar is ’n tyd vir ja en ’n tyd vir nee. Om gesonde grense te stel is wys. Om 'n "goeie" Christen te wees, beteken nie dat ek vir almal altyd ja moet sê nie, maar dat ek sorg dat ek ja en nee sê vir die regte dinge sodat ek op koers kan bly.
Vraag / Uitdaging:
Waar moet jy vandag ’n gesonde nee sê?
Gebed:
Here, gee my wysheid om my grense te ken. Gee my insig om my grense te stel, daar waar daar nie grense in my lewe is nie. Help my om nee te sê waar en wanneer dit nodig is, sonder skuldgevoelens en sonder vrees. Amen.