1 min read

2 Januarie - Waarheen is ek regtig op pad?

Ons is dikwels besig, maar nie altyd op die regte pad nie. God se Woord help vir ons om te kan onderskei wat God se wil is en dit lei ons ook om op die regte pad te bly.
U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my lewenspad. ~ Psalm 119:105 ~
U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my lewenspad. - Psalm 119:105

Oordenking:

Ons is dikwels besig, maar nie altyd op die regte pad nie. God se Woord help vir ons om te kan onderskei wat God se wil is en dit lei ons ook om op die regte pad te bly. 'n lampie is klein en gee nie baie lig af nie. Dit gee net genoeg lig om voor jou te kan sien, nie tot by jou eindbestemming nie. Dus is dit belangrik om toe te laat dat God se Woord ons daagliks lei – Hy lei ons dag vir dag.

Vraag / Uitdaging:

Watter rigting wys God vir jou om vandag te begin stap?

Gebed:

Here, dankie dat U Woord lig bring in my onsekerheid. Help my om vandag sensitief te wees vir U leiding en net die volgende stap te neem wat U wys – om nie te kommer oor die hele pad en eindbestemming nie, maar om gefokus te wees op dit wat U nou vir my wys. Amen.