1 min read

5 Januarie - Klein stappe tel eerste

Getrouheid word gebou in die klein, onopvallende keuses wat elke dag gemaak word. God sien dit raak. Ons kan nie verwag dat God ons met meer sal toevertrou ...
5 Januarie - Klein stappe tel eerste
Wie in die geringste betroubaar is, is ook betroubaar waar dit om baie gaan, en wie in die geringste oneerlik is, is ook oneerlik waar dit om baie gaan. - Lukas 16:10 (AFR20)

Oordenking:

Getrouheid word gebou in die klein, onopvallende keuses wat elke dag gemaak word. God sien dit raak. Ons kan nie verwag dat God ons met meer sal toevertrou, as ons oneerlik optreë met die klein dingetjies nie. Ons mag dalk voel ons is reg vir 'n groot taak of meer verantwoordelikheid – maar dit is onmoontlik om getrou wees met 'n groot taak as mens met die klein take nie getrou is nie. Begin met die klein takies, dag vir dag, wees getrou en volhard.

Vraag / Uitdaging:

Waar kan jy vandag getrou wees in iets kleins?

Gebed:

Here, help my om vandag getrou te wees in dit wat U voor my plaas. Gee my ’n hart wat U eer, selfs wanneer niemand anders kyk nie. Amen.