1 min read

3 Januarie - God se wil. My plan.

Ons maak maklik groot planne, maar vergeet soms hoe afhanklik ons van God is. Sy wil is nie om ons vryheid te steel nie, maar om ons te beskerm.
3 Januarie - God se wil. My plan.
Julle moet eerder sê: “As die Here wil en ons nog leef, sal ons dit of dat doen.” - Jakobus 4:15 AFR20

Oordenking:

Ons maak maklik groot planne, maar vergeet soms hoe afhanklik ons van God is. Sy wil is nie om ons vryheid te steel nie, maar om ons te beskerm. Die verse voor hierdie een waarsku ons dat ons het nie 'n idee wat more gaan gebeur nie en daarom moet ons nie groot praterig en te selfversekerd wees oor ons planne en toekoms nie.

Ons praat nie hier net groot planne of toekoms planne nie, maar dag tot dag planne. Lees Jakobus 4:13 en 14 op jou eie tyd.

Vraag / Uitdaging:

Waar moet jy jou eie planne onder God se wil bring? Is jy partykeer skuldig daaraan dat jy planne maak en vergeet om dit aan die Here bekend te maak?

Gebed:

Here, leer my om my lewe met oop hande te leef. Help my om eerlik te sê: “As die Here wil,” en om U wysheid bo my eie sekerhede te kies. Amen.