9 Augustus / Gehoorsaamheid 'n teken van liefde / Johannes 14:21
Hierdie vers kan maklik 'n taai toffie wees om aan te kou. Jesus maak dit duidelik,. as jy Hom lief het, dan sal jy Sy opdragte uit voer.
“Wie my opdragte het en dit uitvoer—dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar.” - Joh. 14:21
Hierdie vers kan maklik 'n taai toffie wees om aan te kou. Jesus maak dit duidelik,. as jy Hom lief het, dan sal jy Sy opdragte uit voer. Daar is nog 'n vers wat Jesus basies dieselfde sê en ek sal nog later daarby uit kom, maar dit is 'n duidelike en meetbare element van iemand wie beweer dat hy Jesus lief het.
As iemand Jesus lief het, dan moet hy Homself aan Jesus se opdragte onderwerp; d.w.s. hy moet Homself aan die Woord van God ook onderwerp. Mits hy dit nie doen nie, dan het hy Jesus nie werklik lief nie EN is hy nie werklik wedergebore nie.
Dink 'n bietjie hieroor
Hoekom sê Jesus hierdie? Hoe is die feit dat jy Jesus se opdragte uit voer of nie, 'n indikasie van of jy Hom lief het of nie?
Deel asseblief 'n bietjie met my jou gedagtes, ek hoor graag van jou!