4 Januarie - Begin waar jy is
God vra nie perfeksie voordat Hy begin werk nie. Hy gebruik klein beginne en gewone mense om groot dinge te doen.
Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie. - Sagaria 4:10 (AFR83)
Oordenking:
God vra nie perfeksie voordat Hy begin werk nie. Hy gebruik klein beginne en gewone mense om groot dinge te doen. Die Volk het nie veel hoop gehad nie, hulle het vas gekyk in wat menslik klein lyk. Ons is geneig om dit wat ons aanpak, of wat ons al sovêr gedoen het, gering te ag – ons moet nie God tekort skiet nie.
Vraag / Uitdaging:
Wat het jy tot jou beskikking? Wat is die klein begin wat jy het, waarmee God iets groots kan doen?
Gebed:
Here, dankie dat U my nie meet aan my prestasies nie. Help my om getrou te wees waar ek nou is en om die klein beginne met geloof te aan te pak en te volhard. Amen.