19 Augustus / Liefde een van drie / 1 Korintiërs 13:13 'n Ongelowige weerspieël weer die drie teenoorgestelde elemente van ongeloof, wanhoop en haat.
liefde 18 Augustus / Liefde is verewig / 1 Korintiërs 13:8 Liefde op sy eie is 'n gawe en 'n aksie wat nooit sal vergaan nie. Wat bedoel Paulus daarby?
liefde 17 Augustus / Liefde beskerm / 1 Korintiërs 13:7 Die Engelse vertalings gebruik die woord "perserveres" wanneer ons praat van verdra alles.
liefde 16 Augustus / Liefde en onreg / 1 Korintiërs 13:6 Om lief te wees vir mense beteken dat ons nie bly raak of lekker kry oor dinge wat verkeerd is nie, maar dat ons eerder opgewonde raak wanneer waarheid geskied.
liefde 15 Augustus / 4 Negatiewe beskrywings van liefde / 1 Korintiërs 13:5 In vers 5 dop Paulus dit om en gee 4 negatiewe beskrywings van wat liefde nie behoort te wees nie.
liefde 14 Augustus / Liefde is geduldig / 1 Korintiërs 13:4 Die effek van hierdie liefde is dat ons geduldig en vriendelik moet optree. Hoe maklik raak ons partykeer nie ongeduldig met mense nie? Veral mense wie ons nie van hou nie, of wie ons dalk vinnig irriteer.
liefde 13 Augustus / Goed doen sonder liefde / 1 Korintiërs 13:3 Wat is die hoof motivering vir hoekom jy goed doen aan ander? Omdat dit van jou verwag word of omdat dit net die regte ding is om te doen?
liefde 12 Augustus / Liefde het ewige impak / 1 Korintiërs 13:1-2 Welsprekendheid is in die eerste eeu grootliks bewonder en die Korintiërs was geen uitsondering nie, hoewel hulle min daarvan by Paulus gevind het (vgl. 2:1, 4; 2 Kor. 10:10). Dit kan deels hul fassinasie met tale verklaar.
liefde 11 Augustus / Liefde bring Hoop / Romeine 5:3-5 As gelowiges het ons 'n hoop waaroor ons nie hoef skaam te wees nie. Ons hoop is gebaseer op die liefde van God wat in ons harte is.
liefde 10 Augustus / Maak 'n lysie Maak 'n lysie van al die opdragte wat jy aan kan dink wat Jesus vir ons gee om uit te voer. Top 'n bietjie daaraan en doen 'n bietjie self-evaluasie.
liefde 9 Augustus / Gehoorsaamheid 'n teken van liefde / Johannes 14:21 Hierdie vers kan maklik 'n taai toffie wees om aan te kou. Jesus maak dit duidelik,. as jy Hom lief het, dan sal jy Sy opdragte uit voer.
liefde 8 Augustus / 1 Johannes 3:14 / Liefde Johannes stel baie uitdruklik dat as ons nie ander lief het nie, dan is ons nog dood; ons is geestelik dood en nie werklik gered nie.
liefde 7 Augustus / Johannes 13:35 / Liefde Een van die mees kenmerkende faktore, inteendeel, dié kenmerk dat ons Kinders van God is, is die sigbare liefde wat ons vir mekaar het.
liefde 6 Augustus / Johannes 13:34 / Liefde Wanneer gelowiges mekaar lief het en ondersteun, dan help dit om mekaar deur moeilike tye en omstandighede te dra.
liefde 4 Augustus / Johannes 3:16 / Liefde Hierdie is 'n baie bekende vers wie baie mense ken; selfs nie-gelowiges ken hierdie vers... maar ken jy die verse wat daarop volg? Die verse wat na vers 16 volg is so kragtig en tog kan meeste mense wie ek teëkom dit nie op sê nie.
liefde 3 Augustus / Lukas 6:27 / Liefde Jesus begin en sê jy moet jou vyande lief hê. Daar is 'n term of 'n woord waaroor ek mal is en dit is "kontra-kultuur"; bedoelende iets wat in kontras met die gewone kultaar van die tyd of mens se natuurlike neiging is.
liefde 2 Augustus / Markus 12:29-30 / Liefde Die Skrifgeleerde kom na Jesus toe en vra vir Hom watter gebod is die heel belangrikste. Dit blyk nie asof hy Jesus probeer uit vang nie, maar dat hy weens hul "tradisie" van redenering oor die belangrikste gebod regtig belangstel wat Jesus dalk dink of te sê het.
liefde 1 Augustus / Matteus 3:17 / Liefde Ek probeer my in dink hoe ongelooflik dit moes wees om daar teenwoordig te wees en dit te hoor en sien gebeur. Hoe kosbaar!
liefde 31 Julie / Miga 6:8 / Liefde God soek 'n verhouding met ons, dat ons Hom sal dien omdat ons Hom graag wil dien en nie omdat dit 'n las is wat Hy op ons plaas nie.
liefde 30 Julie / Psalm 86:14 / Liefde God se liefde gaan gepaard met Sy barmhartigheid, genade, lankmoedigheid en trou. Hierdie eienskappy komplimenteer mekaar.
liefde 29 Julie / Deuteronomium 6:4-5 / Liefde Die doel of uiteinde daarvan is dat Israel God moet lief hê met hul hele wese. Hart, siel en krag.
liefde 28 Julie / 'n Nuwe Tema / Liefde Is jy lief vir mense? Hoe lief jy die mense in jou lewe het, word getoon deur hoe maklike n vinnig jy hulle kan vergewe en verby hul foute kyk.
vergifnis 27 Julie / Lukas 23:34 / Vergifnis Hoe treë ek en jy op in "ons laaste oomblikke"? Wanneer ons frustreerd, moeg, kwaad of uitgeput is... wanneer ons op ons laaste is... het jy dan steeds die kapasiteit of vermoë om ander te vergewe?
vergifnis 26 Julie / Psalm 25:11 / Vergifnis Ons weet dat God getrou is en ons sondes vergewe (1 Jn. 1:9), maar wat vir my uitstaan is dat Dawid God smeek. Die dui aan dat Dawid 'n verhouding met God het en die verhouding skoon wil hou.
vergifnis 25 Julie / Matteus 18:35 / Vergifnis Jesus waarsku ons dat dieselfde met ons sal gebeur as ons, wie al ons sondes in geloof vergewe is, nie dieselfde vergifnis aan ander toon nie.