9 September / Meer as 'n tollenaar / Matteus 5:46
As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie? - Matt. 5:46
Die Fariseërs het die mense geleer dat jy dié wie na aan jou is en wie vir jou kosbaar is, dat jy hulle moet lief hê (Lev. 19:18), maar dat Israel se vyande gehaat moet word. Vir die Fariseërs was die haat hul idee van God wat deur hulle oordeel verg oor Israel se vyande.
Jesus kom en gooi die Fariseërs se appelkarretjie om en sê dat Israel hul vyande moet lief hê omdat God almal lief het. Jesus verwag meer en sê dat Israel basies 'n kanaal moet wees waardeur God se liefde na die heidene toe ook kan vloei.
Dit is maklik om iemand lief te hê wie jy van hou of wie naby jou is, maar dit is moeilik om iemand lief te hê wie jy haat, wie jy verpes, wie jou irriteer of vir wie jy dalk bang is.
Hoekom is dit belangrik? Want selfs die heidene en tollenaars is lief vir hul eie mense, dit is nie veel moeite nie. Wat moeite is, is om meer as dit te wees. To go above and beyond. As Christene is ons gewortel in God en die Heilige Gees binne in ons stel ons in staat om meer te wees en meer te doen as die normale persoon wie nie die Here ken nie.
Oordenking
Dit is maklik om mense lief te hê wie na aan jou is, maar deur die Heilige Gees is dit moontlik om almal lief te hê. Het jy sulke mense in jou lewe? Mense vir wie jy maklik lief is en ander wie jy sukkel om lief te hê