9 Julie / Jakobus 5:15 / Vergifnis
Dié van ons wat sterk is in die geloof moet uit kyk vir dié om ons wie siek is en ook geestelik swaar kry; wie afgemat en moeg is.
En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak. As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word. - Jakobus 5:15
Hierdie is 'n bekende teks in Jakobus wat al baie verwarring of menigte verskillende interpretasies al gehad het. Die teks is nie 100% duidelik of Jakobus verwys na uitsluitlike fisiese siekte of geestelike moegheid ook nie.
Wat wel uit hierdie teks duidelik is dat die Here van ons verwag om te bid en dat die Here die een is wat die herstelwerk doen. Die woord "siek" wat hier gebruik word, beteken om "afgemat" te wees of om swak te wees - "to be weary or discouraged".
Wat word van my verwag?
Dié van ons wat sterk is in die geloof moet uit kyk vir dié om ons wie siek is en ook geestelik swaar kry; wie afgemat en moeg is. Ons moet moeite maak om sulke mense te ondersteun, saam met hulle bid en hulle bemoedig.
Wie is daar om jou wie tans siek is en dalk swaar kry? Wie kan jy bemoedig?