8 Junie 2023 / Gee en ontvang / Lukas 6:38
Gee, en vir julle sal gegee word: ’n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.” - Lukas 6:38
Daar is 'n goue reël wat geld wanneer ons let op hoe ons met ander mense handel. As jy ander gou vergewe, sal hulle heel moontlik makliker vir jou vergewe wanneer jy 'n fout maak. As jy 'n oop hand het teenoor iemand, sal hulle meer geneig wees om 'n oop hand teenoor jou ook te hê. Natuurlik is daar uitsonderings op die reël, maar die kern faktor hier lê daarin dat ons moet let op hoe ons mense hanteer.
Ons mense hanteer soos ons graag gehanteer sou word. Nie met 'n verwagting om beter hanteer te word nie, maar met die gesindheid van diensbaarheid en nederigheid.