8 Julie / Romeine 4:7-8 / Vergifnis
“Geseënd is die mense wie se oortredinge nie gestraf word nie en wie se sonde vergewe word. Geseënd is die mens vir wie die Here die sonde nie toereken nie.” - Romeine 4:7–8
Ek is so dankbaar dat die Here my sonde vergewe en die straf wat ek verdien nie toereken nie! God alleen weet dat ek dit nie verdien nie en dit is presies wat vers 5 sê:
5Maar die mens wat nie op wetsonderhouding staatmaak nie, maar wat glo in Hom wat die goddelose vryspreek, hy kry die vryspraak deur sy geloof. - Romeine 4:5
Waarop maak jy staat?
Maak jy staat op jou goeie dade of dat jy 'n goeie mens is om jou by die Hemel uit te kry eendag... of maak jy staat op God se genade en jou geloof in Jesus Christus wie ons verlosser is?