8 Januarie – Tyd as gawe van God
Om ons lewensdae na waarde te skat – dit moet U ons leer, sodat ons 'n hart vol wysheid kan verwerf. - Psalm 90:12 (AFR20)
Oordenking:
Tyd is kosbaar en beperk. Hoe ons dit gebruik, wys wat vir ons belangrik is.
Ek is al hoe meer bewus van hoe min tyd ek tot my beskikking het. Dit het my baie meer opgeval nadat ek en my vrou ons eerste kind gehad het, en nou onlangs ons tweede eenetjie. Jy het geen tyd vir jouself nie – elke oomblik is net koes, keer en leer!
Ek mis die tyd wat ek gehad het om aktief te bedien by die kerk, weeksaande te bedien en Sondae vroeg op te wees. Dit het my 'n rukkie gevat om te besef dat ek steeds dieselfde tyd het om te bedien, maar dat my area van bedienning geskuif het na my gesin en die werksplek.
Vraag / Uitdaging:
Hoe kan jy vandag wys met jou tyd omgaan? Wat is daar wat jy minder tyd aan moet spandeer?
Gebed:
Here, leer my om my dae wys te tel. Help my om my tyd te gebruik op maniere wat U eer en my lewe verryk. Amen.