8 Februarie 2023 / Met krag sal jy getuig / Handelinge 1:8
Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” - Hand. 1:8
Hierdie is 'n baie bekende Bybelvers en waar ons nou sit en terug kyk kan ons die effek sien van die werk wat uit gevoer was deur die dissipels.
Daar is twee gedagtes wat ek wil uit haal.
- Ons vermoë om te getuig lê nie in hoe baie Bybel kennis ons het nie of hoe goeie spreker ons dalk is nie - ons vermoë om te getuig lê in die feit dat die Heilige Gees vir ons die krag gee om te kan getuig.
- Daar is twee maniere om te kyk na die vers in terme van, is dit 'n opdrag of 'n obserwasie. Wanneer ons Jesus se opdrag in ag neem van om uit te gaan en dissipels te maak, dan kan dit 'n observasie wees van wat Jesus geweet het die dissipels moet doen... watter manier ookal ons die vers nader; een ding is verseker: ons moet getuies wees. Of dit nou hier by die huis, by die werk, in ons buurt of oorsee is - getuig moet ons getuig en ons behoort elke geleentheid te soek wat ons kan kry om dit te doen.