7 Junie 2023 / Hou aan - volhard / Hebreërs 6:10-12

7 Junie 2023 / Hou aan - volhard / Hebreërs 6:10-12
Photo by Zach Vessels / Unsplash
God is nie onregverdig nie: Hy sal julle werk nie vergeet nie en ook nie die liefde wat julle vir sy Naam betoon het deurdat julle julle medegelowiges gedien het en nog dien nie. Dit is ons vurige wens dat elkeen van julle end-uit dieselfde ywer as vroeër aan die dag sal lê totdat die dinge waarop julle hoop, vervul is. Julle moet dus nie traag word nie, maar die voorbeeld navolg van dié wat deur geloof en geduld deel gekry het aan die dinge wat God beloof het. - Heb 6:10

Het jy al iets aangepak met ywer en dan 'n rukkie daarna stadig begin moeg raak of verveeld raak met dit wat jy besig was? Het jy al vir iets ja gesê, net om later te vind dat jy sukkel om by die verpligting of "commitment" te hou? Dit gaan baie keer dieselfde in die bediening en gemeenskap van gelowiges. Ons help iewers met baie ywer, maar na 'n ruk dan raak dit meer 'n verpligting as wat dit dalk pret is of opwindend / opbouend is.

Paulus moedig die gelowiges aan dat hulle nie moet verslap in hul ywer en passie om mekaar te dien nie, maar om eerder daarmee aan te hou. Paulus herinner die gelowiges dat hul ywer om mekaar te dien sal nie ongesiend gaan nie en dat God dit nie miskyk nie - daarom moet hulle met daardie selfde ywer aan hou en volhard.

Is daar iets wat jy vir die Here of die Kerk of 'n gelowige aan gepak het om iewers te help en dalk 'n bietjie in jou ywer en bereidwilligheid verslap het?

Dink jy nie dis dalk tyd om weer dit met ywer aan te pak nie? Of dalk iets anders te doen om mede gelowiges te dien?