7 Julie / Lukas 17:3-4 / Vergifnis

Sjoe, Jesus het nie doekies omgedraai om vir Sy dissipels te verduidelik hoe belangrik dit is om te vergewe nie.

7 Julie / Lukas 17:3-4 / Vergifnis
Photo by Jo Coenen - Studio Dries 2.6 / Unsplash
"Wees dus self op julle hoede. “As jou broer verkeerd optree, berispe hom; en as hy berou kry, vergewe hom. Selfs as hy sewe maal op ’n dag verkeerd optree teen jou en sewe maal na jou toe terugkom en sê: ‘Ek is jammer,’ moet jy hom vergewe.” - Lukas 17:3-4

Sjoe, Jesus het nie doekies omgedraai om vir Sy dissipels te verduidelik hoe belangrik dit is om te vergewe nie. Wanneer ek na hierdie teks kyk dan is dit vir my duidelik dat Jesus wil hê ek moet 'n ingesteldheid hê om mense vinnig en maklik te vergewe.

Gebed

Here, help my asseblief om 'n ingesteldheid van vergifnis te kweek. Laat die Heilige Gees my lewe en my gesindheid verander sodat U genade en liefde sigbaar sal word teenoor ander.