1 min read

7 Januarie – Fokus in ’n besige wêreld

Die wêreld trek ons aandag in alle rigtings. God roep ons om Hom eerste te soek, want dit bring orde en vrede.
7 Januarie – Fokus in ’n besige wêreld
Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. - Matteus 6:33 (AFR20)

Oordenking:

Die wêreld trek ons aandag in alle rigtings. God roep ons om Hom eerste te soek, want dit bring orde en vrede. Ons fisiese behoeftes staan gewoonlik voor in die koor en die nodigheid daarvan is werklik – maar God waarsku in hierdie konteks dat alles wat ons nodig het, sal die Vader vir ons gee – dus moet ons eerder fokus op God se koninkryk en die bevordering daarvan. Die res sal kom.

Vraag / Uitdaging:

Wat steel tans jou fokus? Wat is huidiglik voor in jou gedagtes, dat dit jou weerhou om eerste 'n Koninkryks-visie te hê?

Gebed:

Here, help my om my fokus terug te bring na U toe. Leer my om U eerste te soek, bo alles wat my aandag probeer opeis. Amen.