7 Februarie 2023 / Aflos / 2 Timoteus 2:1-2

7 Februarie 2023 / Aflos / 2 Timoteus 2:1-2
Photo by Braden Collum / Unsplash
Jy dan, my seun, wees sterk deur die genade wat ons in Christus Jesus het. Wat jy my voor baie getuies hoor verkondig het, moet jy toevertrou aan betroubare manne wat bekwaam sal wees om dit ook aan ander te leer. - 2 Tim. 2:1-2

In 'n aflos resies, moet die baton aan gegee word van die een persoon na die volgende terwyl hulle die resies hardloop. Dit is 'n span poging. Dieselfde geld met ons dissipelskap. Die Evangelie en Woord van God moet van die een generasie na die volgende oor gedra word. Dankie Vader, dat ons soveel Bybels en kopieë van die Skrif tot ons beskikking het soos mense dit getrou deur die eeue gedupliseer het.

Tog, is dit ons werk om dissipels te maak, om dit wat ons geleer het, aan ander te leer en toe te vertrou sodat hulle weer ander kan leer wat ons hulle geleer het. As dit nie vir hierdie proses was nie, sou ek en jy dalk vandag nie hier gewees het nie.

Dink 'n Bietjie

Wie het jou na die Here toe gelei? Wie het jou van die Evangelie geleer?