7 Augustus / Johannes 13:35 / Liefde

Een van die mees kenmerkende faktore, inteendeel, dié kenmerk dat ons Kinders van God is, is die sigbare liefde wat ons vir mekaar het.

7 Augustus / Johannes 13:35 / Liefde
Photo by Katja Ritvanen / Unsplash
As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is. - Johannes 13:35

Een van die mees kenmerkende faktore, inteendeel, dié kenmerk dat ons Kinders van God is, is die sigbare liefde wat ons vir mekaar het. Wanneer ons mekaar lief het, in liefde hanteer en mekaar om sien, dan sien die wêreld dit.

Een manier om ook te getuig na mense om jou is om genuine lief te wees vir mense. Dit sal vanself vir ander 'n getuienis wees. Jou liefde vir ander is basies die lig wat uit jou lewe skyn vir ander om jou.

Dink 'n bietjie

Kan ek 'n Kind van God wees en nie lief wees vir almal om my nie? Hoekom?